Tuisblad

                                                  

                                                        Adelphos Netwerk

 

 

 

 

 

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!

 

Ons Visie

'n Gesonde pastoor en gesin, sodat die pastoor behoue bly vir die werk van God.

Missie

Om deur koinonia, broederskap, liefde, aanmoediging, bemoediging en opleiding elke pastoor in die netwerk toe te rus om sinvol en volhoubaar hulle gemeentes te lei in hulle dienswerk.

Mandaat

Ons weet die netwerk is in die Vaderhart gebore volgens Psalm 133:1 Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!”

Die Netwerk het ontstaan as ‘n spontane groepering van pastore, waar daar ‘n behoefte na wedersydse broederskap, bemoediging en toerusting verlang word.

Ons Doelstellings

Om ten minste 4 byeenkomste per jaar te reël waar lede bymekaar kom, mekaar bedien en ook deur spesiale sprekers bedien te word. Om sosiaal mekaar te leer ken, om sodoende ook mekaar geestelik, in gebed en deur bemoediging te ondersteun.

Om hulpbronne vir die pastoor beskikbaar te stel om deurlopend  homself te ontwikkel, tot voordeel van die gemeente en die werk van God.

Om 'n gesindheid te kweek waar ons as broeders verantwoordelik vir mekaar sal wees, maar ook verantwoordbaar teenoor mekaar sal wees.